Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 5:2-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. Daarom sal Hy hulle prysgee tot op die tyd dat ’n barende gebaar het. Dan sal die oorblyfsel van sy broers saam met die kinders van Israel terugkeer.

3. En Hy sal optree en hulle laat wei in die sterkte van die Here, in die majesteit van die Naam van die Here sy God; en hulle sal rustig woon, want nou sal Hy groot wees tot aan die eindes van die aarde.

4. En Hy sal vrede wees. Wanneer Assur in ons land kom en hy ons paleise wil betree, sal ons teenoor hom sewe herders stel, ja, agt vorste uit die mense.

5. En hulle sal die land Assur met die swaard afwei en die land van Nimrod by sy ingange. So sal Hy ons dan van Assur bevry, wanneer hy in ons land kom en ons grondgebied betree.

6. Dan sal die oorblyfsel van Jakob onder baie volke wees soos dou van die Here, soos reënbuie op die plante, wat op geen mens wag nie en ter wille van geen mensekind vertoef nie.

7. En die oorblyfsel van Jakob tussen die nasies sal onder baie volke wees soos ’n leeu onder die diere van die woud, soos ’n jong leeu onder troppe kleinvee; wat, as hy deurtrek, vertrap en verskeur sonder dat iemand red.

8. Jou hand sal bo jou teëstanders verhewe wees, en al jou vyande sal uitgeroei word.

9. En in dié dag, spreek die Here, sal Ek jou perde uit jou midde uitroei en jou strydwaens vernietig.

Lees volledige hoofstuk Miga 5