Ou Testament

Nuwe Testament

Maleági 3:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. KYK, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan; dan sal skielik na sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle ’n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die Here van die leërskare.

2. Maar wie kan die dag van sy koms verdra? En wie kan standhou as Hy verskyn? Want Hy sal wees soos die vuur van die smelter en soos die loog van die wassers.

3. En Hy sal sit: ’n smelter en reiniger van silwer, en Hy sal die seuns van Levi reinig en hulle louter soos goud en soos silwer, sodat hulle aan die Here in geregtigheid ’n offer sal bring.

4. Dan sal die offer van Juda en Jerusalem vir die Here aangenaam wees soos in die ou dae en soos in die jare van die voortyd.

Lees volledige hoofstuk Maleági 3