Ou Testament

Nuwe Testament

Levítikus 8:33-36 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

33. Ook mag julle sewe dae lank nie by die ingang van die tent van samekoms uitgaan nie tot op die dag dat die dae van julle wyding verby is; want sewe dae lank moet julle wyding duur.

34. Soos vandag gedoen is, het die Here beveel om verder te doen, om vir julle versoening te bewerk.

35. Julle moet dan by die ingang van die tent van samekoms bly, dag en nag, sewe dae lank; en julle moet die ordening van die Here hou, dat julle nie sterwe nie; want so is aan my bevel gegee.

36. En Aäron en sy seuns het al die dinge gedoen wat die Here deur die diens van Moses beveel het.

Lees volledige hoofstuk Levítikus 8