Ou Testament

Nuwe Testament

Levítikus 14:5-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Die priester moet ook bevel gee dat hulle die een voël in ’n erdepot oor vars water slag.

6. Die lewendige voël moet hy neem, sowel as die sederhout en die skarlakendraad en die hisop, en dié en die lewendige voël insteek in die bloed van die voël wat oor die vars water geslag is.

7. En hy moet op hom wat van die melaatsheid gereinig moet word, sewe maal sprinkel en hom reinig, en die lewendige voël moet hy oor die oop veld laat wegvlieg.

8. Dan moet hy wat gereinig moet word, sy klere was en al sy hare afskeer en ’n bad neem; dan sal hy rein wees. En daarna kan hy in die laer kom, maar hy moet sewe dae lank buitekant sy tent bly.

9. En op die sewende dag moet hy al sy hare afskeer, sy hoof en sy baard en sy winkbroue — al sy hare moet hy afskeer; en hy moet sy klere was en sy liggaam in die water bad. Dan sal hy rein wees.

10. En op die agtste dag moet hy twee lammers sonder gebrek neem en een jaaroud ooilam sonder gebrek en drie-tiendes van ’n efa fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, en een log olie.

11. En die priester wat die reiniging bewerk, moet die man wat gereinig word, en dié gawes voor die aangesig van die Here by die ingang van die tent van samekoms stel.

12. En die priester moet die een lam neem en dit saam met die log olie as skuldoffer aanbring en dit as beweegoffer voor die aangesig van die Here beweeg.

13. Dan moet hy die lam slag op die plek waar hulle die sondoffer en die brandoffer slag, in die heilige plek; want die skuldoffer net soos die sondoffer behoort aan die priester; hoogheilig is dit.

14. En die priester moet van die bloed van die skuldoffer neem, en die priester moet dit stryk aan die regteroorlel van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet.

15. Die priester moet ook van die log olie neem en dit giet in die priester se linkerhand.

16. Dan moet die priester sy regtervinger in die olie steek wat in sy linkerhand is, en met sy vinger van die olie sewe maal sprinkel voor die aangesig van die Here.

17. En van die orige olie wat in sy hand is, moet die priester stryk aan die regteroorlel van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet, bo oor die bloed van die skuldoffer.

Lees volledige hoofstuk Levítikus 14