Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 4:7-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. Sajin. Haar vorste was helderder as sneeu, witter as melk, rooier van liggaam as korale, hulle gestalte ’n saffier.

8. Get. Maar hulle voorkoms het donkerder as swartsel geword, hulle is nie herken op die strate nie; hulle vel kleef aan hul gebeente, dit het droog geword soos hout.

9. Tet. Die wat deur die swaard verslaan is, is gelukkiger as die wat deur die honger verslaan is, wat, deurboor, vergaan het uit gebrek aan veldvrugte.

10. Jod. Die hande van teerhartige vroue het hulle eie kinders gekook; dit het hulle voedsel geword in die verbreking van die dogter van my volk.

11. Kaf. Die Here het sy grimmigheid laat uitwoed, sy toorngloed uitgegiet en in Sion ’n vuur aangesteek wat die fondamente daarvan verteer het.

12. Lamed. Hulle het dit nie geglo nie, die konings van die aarde en al die inwoners van die wêreld, dat ’n teëstander of ’n vyand in die poorte van Jerusalem sou kom nie.

13. Mem. Dit was oor die sondes van haar profete, die ongeregtighede van haar priesters wat daar binne-in die bloed van die regverdiges vergiet het.

14. Noen. Blind het hulle deur die strate gewaggel, met bloed bevlek, sodat ’n mens hulle klere nie kon aanraak nie.

15. Samek. Staan opsy, onrein! — het die mense hulle toegeroep. Staan opsy, staan opsy, moenie aanraak nie! As hulle vlug, ja waggel, is onder die heidene gesê: Hulle mag hier nie langer vertoef nie.

16. Pe. Die aangesig van die Here het hulle verstrooi, Hy sal hulle verder nie meer met welgevalle aansien nie. Vir die persoon van die priesters het hulle geen agting gehad, aan die grysaards het hulle geen genade bewys nie.

17. Ajin. Nog altyddeur smag ons oë tevergeefs na hulp vir ons; op ons wagpos sien ons met verwagting uit na ’n nasie wat nie sal help nie.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 4