Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 7:6-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. Toe het Josua sy klere geskeur en met sy aangesig op die grond geval voor die ark van die Here, tot die aand toe, hy en die oudstes van Israel, en hulle het stof op hul hoofde gegooi.

7. En Josua het gesê: Ag, Here Here, waarom het U hierdie volk ooit deur die Jordaan laat trek om ons oor te gee in die hand van die Amoriete, sodat hulle ons kan vernietig? Het ons tog maar besluit om oorkant die Jordaan te bly!

8. Ag Here, wat sal ek sê nadat Israel vir sy vyande die rug gegee het?

9. En as die Kanaäniete en al die inwoners van die land dit hoor, sal hulle ons omsingel en ons naam van die aarde af uitroei; wat sal U dan vir u grote Naam doen?

10. Toe sê die Here aan Josua: Staan op; waarom tog lê jy op jou aangesig?

11. Israel het gesondig en het ook my verbond oortree wat Ek hulle opgelê het, en ook geneem van die bangoed en ook gesteel en dit selfs heimlik by hulle goed gevoeg.

12. En die kinders van Israel sal nie kan standhou voor hulle vyande nie; hulle sal hul vyande die rug gee, omdat hulle self ’n ban geword het. Ek sal nie meer met julle wees tensy julle die ban onder julle uit verdelg nie.

13. Staan op! Heilig die volk en sê: Heilig julleself teen môre; want so sê die Here, die God van Israel: Daar is ’n ban in jou midde, Israel! Jy sal nie kan standhou voor jou vyande totdat julle die ban onder julle uit verwyder het nie.

14. Kom dan môre vroeg aan volgens julle stamme; en die stam wat die Here deur die lot aanwys, moet aankom volgens die geslagte; en die geslag wat die Here aanwys, moet aankom volgens die huisgesinne, en die huisgesin wat die Here aanwys, moet aankom man vir man.

Lees volledige hoofstuk Josua 7