Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 23:8-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. maar die Here julle God moet julle aanhang soos julle tot vandag toe gedoen het.

9. Die Here tog het groot en magtige nasies voor julle uit verdrywe; en wat julle betref — niemand het tot vandag toe voor julle standgehou nie.

10. Een man uit julle het duisend agtervolg; want die Here julle God, Hy het vir julle gestry soos Hy julle beloof het.

11. Neem julle dan terdeë in ag ter wille van julle siele, om die Here julle God lief te hê;

12. want as julle ooit mag afwyk en hierdie nasies aanhang wat nog met julle saam oorgebly het, en julle met hulle verswaer en julle met hulle en hulle met julle meng,

13. weet dan verseker dat die Here julle God nie langer hierdie nasies voor julle uit sal verdrywe nie; maar hulle sal vir julle ’n vangnet en ’n strik wees en ’n angel in julle sye en dorings in julle oë, totdat julle omkom uit hierdie goeie land wat die Here julle God aan julle gegee het.

14. En kyk, ek gaan vandag die weg van die ganse aarde, maar julle moet erken met jul hele hart en met jul hele siel dat nie een woord van al die goeie woorde wat die Here julle God oor julle gespreek het, onvervuld gebly het nie; alles het vir julle uitgekom, nie een woord daarvan het onvervuld gebly nie.

15. Maar soos al die goeie woorde oor julle gekom het wat die Here julle God oor julle gespreek het, so sal die Here oor julle al die onheilswoorde laat kom, totdat Hy julle verdelg het uit hierdie goeie land wat die Here julle God aan julle gegee het.

16. As julle die verbond van die Here julle God wat Hy julle beveel het, oortree en ander gode gaan dien en julle voor hulle neerbuig, dan sal die toorn van die Here teen julle ontvlam, en julle sal gou omkom uit die goeie land wat Hy aan julle gegee het.

Lees volledige hoofstuk Josua 23