Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 12:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN dit is die konings van die land wat die kinders van Israel verslaan en wie se land hulle in besit geneem het oos van die Jordaan, teen sonop; van die Arnonrivier af tot by die berg Hermon, en die hele Vlakte teen die ooste:

2. Sihon, die koning van die Amoriete wat in Hesbon gewoon het, wat geheers het van Ároër af wat aan die kant van die Arnonrivier lê: van die middel van die rivier af en oor die helfte van Gílead tot by die Jabbokrivier, die grens van die kinders van Ammon;

3. en oor die Vlakte tot by die Kínnerotsee, na die ooste toe, en tot by die See van die Vlakte, die Soutsee, oostelik in die rigting van Bet-Hajésimot en teen die suide onderaan die hange van Pisga;

4. en die grondgebied van Og, die koning van Basan, uit ’n oorblyfsel van die Refaïete, wat in Ástarot en Edréï gewoon het,

Lees volledige hoofstuk Josua 12