Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 8:1-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. IN dié tyd, spreek die Here, sal hulle die bene van die konings van Juda en die bene van sy vorste en die bene van die priesters en die bene van die profete en die bene van die inwoners van Jerusalem uit hulle grafte uithaal,

2. en hulle sal dit uitsprei voor die son en voor die maan en voor die hele leër van die hemel wat hulle liefgehad en gedien het, en waar hulle agter aan geloop het, en wat hulle gesoek en waarvoor hulle hul neergebuig het; dit sal nie versamel en begrawe word nie, mis sal dit op die aarde wees.

3. En die dood sal bo die lewe verkies word deur die hele oorblyfsel, die wat oor is van hierdie bose geslag in al die plekke waarheen Ek hulle verdryf het, spreek die Here van die leërskare.

4. EN jy moet vir hulle sê: So spreek die Here: Sal iemand val en nie weer opstaan nie? Of sal hy weggaan en nie weer terugkom nie?

5. Waarom is dan hierdie volk, Jerusalem, afkerig met ’n aanhoudende afkerigheid? Hulle hou vas aan bedrog, hulle weier om terug te keer.

6. Ek het geluister en gehoor: hulle spreek wat nie reg is nie; daar is niemand wat berou het oor sy boosheid, dat hy sou sê: Wat het ek gedoen nie? Elkeen spring weg in sy loop soos ’n perd wat storm in die geveg.

7. Selfs ’n groot sprinkaanvoël aan die hemel ken sy bepaalde tye, en ’n tortelduif en ’n swaweltjie en ’n kraanvoël neem die tyd van hulle koms in ag; maar my volk ken die reg van die Here nie.

8. Hoe durf julle sê: Ons is wys, en die wet van die Here is by ons? Waarlik, kyk, bedrieglik werk die leuenpen van die skrywers.

9. Die slim mense kom in die skande, is verslae en verstrik. Kyk, hulle het die woord van die Here verwerp, en watter wysheid sou hulle hê?

Lees volledige hoofstuk Jeremia 8