Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 40:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DIE woord wat van die Here tot Jeremia gekom het, nadat Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, hom vrygelaat het uit Rama deur hom te laat haal, terwyl hy met kettings geboei was onder al die gevangenes van Jerusalem en Juda wat in ballingskap weggevoer sou word na Babel toe.

2. Die owerste van die lyfwag het naamlik Jeremia laat haal en vir hom gesê: Die Here jou God het hierdie onheil oor hierdie plek gespreek,

3. en die Here het dit laat kom en gedoen soos Hy gespreek het, omdat julle gesondig het teen die Here en nie geluister het na sy stem nie; daarom het dit oor julle gekom.

4. Nou dan, kyk, ek ontslaan jou vandag uit die kettings wat aan jou hande is; as dit goed is in jou oë om saam met my na Babel te gaan — kom, en ek sal my oog oor jou hou; maar as dit verkeerd is in jou oë om saam met my na Babel te kom, laat dit staan. Kyk, die hele land lê vir jou oop; waar dit goed en reg is in jou oë om te gaan, gaan daarheen.

5. En toe hy nog nie omgedraai het nie, sê hy: Gaan dan terug na Gedálja, die seun van Ahíkam, die seun van Safan, wat die koning van Babel oor die stede van Juda aangestel het, en woon by hom onder die volk, of gaan waar dit ook al reg is in jou oë om te gaan. Daarop het die owerste van die lyfwag vir hom padkos en ’n geskenk gegee, en hom laat gaan.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 40