Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 26:17-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. Ook het daar manne opgestaan uit die oudstes van die land, en hulle het die hele vergadering van die volk toegespreek en gesê:

18. Miga, die Morastiet, het as profeet opgetree in die dae van Hiskía, koning van Juda, en met die hele volk van Juda gespreek en gesê: So spreek die Here van die leërskare: Sion sal soos ’n land omgeploeg word, en Jerusalem sal puinhope word en die tempelberg bosrante.

19. Het Hiskía, koning van Juda, en die hele Juda hom ooit gedood? Het hy nie die Here gevrees en die Here om genade gesmeek, sodat dit die Here berou het oor die onheil wat Hy teen hulle gespreek het nie? En ons is besig om ons siele ’n groot onheil te berokken!

20. En daar was ook ’n man wat in die Naam van die Here geprofeteer het, Uría, die seun van Semája, van Kirjat-Jeárim; en hy het geprofeteer teen hierdie stad en teen hierdie land ooreenkomstig al die woorde van Jeremia.

21. Maar toe koning Jójakim en al sy helde en al die vorste sy woorde hoor, het die koning probeer om hom dood te maak. Maar Uría het dit gehoor en bevrees geword en gevlug en in Egipte gekom.

22. Toe stuur koning Jójakim manne na Egipte, Élnatan, die seun van Akbor, en manne saam met hom, na Egipte toe.

23. Dié het Uría uit Egipte weggevoer en hom by die koning Jójakim gebring; en hy het hom met die swaard verslaan en sy lyk op die grafte van die gewone mense gegooi.

24. Maar die hand van Ahíkam, die seun van Safan, het Jeremia beskerm, sodat hy nie oorgegee is in die hand van die volk om hom dood te maak nie.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 26