Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 2:7-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. En Ek het julle gebring in ’n land van tuine, om die vrugte en die goeie daarvan te eet; maar toe julle inkom, het julle my land verontreinig en my erfenis ’n gruwel gemaak.

8. Die priesters het nie gesê: Waar is die Here nie? En die wat die wet handhaaf, het My nie geken nie; en die vorste het teen My oortree, en die profete het geprofeteer deur Baäl en agter dinge aan geloop wat geen voordeel bring nie.

9. Daarom sal Ek nog met julle twis, spreek die Here; en met julle kindskinders sal Ek twis.

10. Want gaan oor na die eilande van die Kittiërs, en kyk; en stuur na Kedar, en gee daar goed ag op; en kyk of so iets gebeur het:

11. of ’n nasie sy gode verruil — wat nie eers gode is nie. Maar my volk het sy heerlikheid verruil vir wat geen voordeel bring nie.

12. Verbaas julle hieroor, o hemele, en huiwer, verstyf heeltemal van skrik, spreek die Here.

13. Want my volk het twee verkeerde dinge gedoen: My, die fontein van lewende water, het hulle verlaat om vir hulle reënbakke uit te kap, gebarste reënbakke wat geen water hou nie.

14. Is Israel ’n dienskneg? Of is hy ’n bediende wat in die huis gebore is? Waarom het hy dan ’n buit geword?

Lees volledige hoofstuk Jeremia 2