Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 15:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. MAAR die Here het vir my gesê: Al staan Moses en Samuel voor my aangesig, my siel wil niks van hierdie volk weet nie; dryf hulle van my aangesig af weg, en laat hulle heengaan.

2. En as hulle jou vra: Waar moet ons heengaan? sê dan vir hulle: So spreek die Here: Wie vir die pes bestem is, na die pes; en wie vir die swaard, na die swaard; en wie vir die hongersnood, na die hongersnood; en wie vir die gevangenskap, na die gevangenskap.

3. En Ek sal oor hulle vier soorte besoekinge doen, spreek die Here: die swaard om dood te maak en die honde om weg te sleep en die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde om op te eet en te vernietig.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 15