Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 11:15-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. Wat het my beminde in my huis te doen, dat sy daar haar listige plan uitvoer? Sal baie dinge en heilige vleis jou onheil van jou af wegneem? Dan kan jy jubel.

16. Die Here het jou die naam gegee: groen olyfboom, skoon deur mooi gevormde vrugte; maar by die geluid van ’n groot gedruis het Hy ’n vuur daarteen aangesteek, en sy takke het gebreek.

17. Want die Here van die leërskare wat jou geplant het, het onheil teen jou gespreek weens die boosheid van die huis van Israel en die huis van Juda, wat hulle graag gedoen het, om My te terg deur rook te laat opgaan vir Baäl.

18. EN die Here het my dit te kenne gegee, sodat ek dit weet. Toe het U my hulle handelinge laat sien.

19. Maar ek was soos ’n mak lam wat hulle lei om te slag; en ek het nie geweet dat hulle planne teen my beraam het nie: Laat ons die boom met sy vrugte verwoes, en laat ons hom uitroei uit die land van die lewendes, sodat aan sy naam nie meer gedink word nie!

20. Maar, o Here van die leërskare, regverdige Regter, wat niere en hart toets, laat my u wraak op hulle sien, want aan U het ek my regsaak toevertrou.

21. Daarom, so spreek die Here aangaande die manne van Ánatot wat jou lewe soek en sê: Jy mag nie profeteer in die Naam van die Here nie, anders sal jy sterwe deur ons hand —

22. daarom, so spreek die Here van die leërskare: Kyk, Ek doen besoeking oor hulle; die jongmanne sal sterwe deur die swaard, hulle seuns en hulle dogters sal sterwe deur hongersnood,

23. en hulle sal geen oorblyfsel hê nie; want Ek sal onheil bring oor die manne van Ánatot in die jaar van hulle besoeking.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 11