Ou Testament

Nuwe Testament

Hoséa 9:2-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. Dorsvloer en parskuip sal hulle nie voed nie, en die mos sal hulle in die steek laat.

3. Hulle sal in die land van die Here nie bly nie; maar Efraim sal na Egipte teruggaan, en in Assur sal hulle eet wat onrein is.

4. Hulle sal vir die Here geen wyn uitgiet nie, en hulle slagoffers sal vir Hom nie welgevallig wees nie; soos tranebrood sal hulle spys vir hulle wees. Almal wat daarvan eet, word verontreinig; want hulle brood is vir hulleself: dit sal nie in die huis van die Here kom nie.

5. Wat sal julle dan doen op die feestyd en op die feesdag van die Here?

6. Want kyk, hulle gaan heen weens die verwoesting: Egipte sal hulle versamel, Mof hulle begrawe; onkruid sal hulle skat van silwergoed in besit neem, dorings in hulle tente wees.

Lees volledige hoofstuk Hoséa 9