Ou Testament

Nuwe Testament

Hoséa 9:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. WEES nie bly met gejuig, o Israel, soos die volke nie, want jy het gehoereer van jou God af weg; jy het hoereloon liefgehad op al die koringdorsvloere.

2. Dorsvloer en parskuip sal hulle nie voed nie, en die mos sal hulle in die steek laat.

3. Hulle sal in die land van die Here nie bly nie; maar Efraim sal na Egipte teruggaan, en in Assur sal hulle eet wat onrein is.

4. Hulle sal vir die Here geen wyn uitgiet nie, en hulle slagoffers sal vir Hom nie welgevallig wees nie; soos tranebrood sal hulle spys vir hulle wees. Almal wat daarvan eet, word verontreinig; want hulle brood is vir hulleself: dit sal nie in die huis van die Here kom nie.

5. Wat sal julle dan doen op die feestyd en op die feesdag van die Here?

6. Want kyk, hulle gaan heen weens die verwoesting: Egipte sal hulle versamel, Mof hulle begrawe; onkruid sal hulle skat van silwergoed in besit neem, dorings in hulle tente wees.

7. Die dae van besoeking het gekom, die dae van vergelding het gekom; Israel sal dit ervaar! Die profeet word ’n dwaas, die man van die gees ’n waansinnige, weens die grootheid van jou ongeregtigheid, en omdat die vyandskap groot is.

8. Efraim is ’n spioen teenoor my God; wat die profeet aangaan, die net van ’n voëlvanger is op al sy weë gesprei, vyandskap in die huis van sy God.

Lees volledige hoofstuk Hoséa 9