Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 36:18-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. En dit is die seuns van Oholibáma, die vrou van Esau: die stamhoof Jehus, die stamhoof Jáelam, die stamhoof Korag. Dit is die stamhoofde van Oholibáma, die dogter van Ana, die vrou van Esau.

19. Dit is die seuns van Esau, en dit is hulle stamhoofde. Dit is Edom.

20. Dit is die seuns van Seïr, die Horiet, die eerste inwoners van die land: Lotan en Sobal en Síbeon en Ana

21. en Dison en Eser en Disan. Dit is die stamhoofde van die Horiete, die seuns van Seïr in die land Edom.

22. En die seuns van Lotan was Hori en Hemam; en die suster van Lotan was Timna.

23. En dit is die seuns van Sobal: Alwan en Manáhat en Ebal, Sefo en Onam.

Lees volledige hoofstuk Génesis 36