Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 21:11-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. En die woord was baie verkeerd in die oë van Abraham vanweë sy seun.

12. Maar God het aan Abraham gesê: Laat dit nie verkeerd wees in jou oë ter wille van die seun en van jou slavin nie. Luister na Sara in alles wat sy van jou verlang, want deur Isak sal daar vir jou ’n nageslag genoem word.

13. Maar Ek sal ook die seun van die slavin tot ’n nasie maak, omdat hy jou kind is.

14. Toe is Abraham die môre vroeg op, en hy het brood en ’n sak met water geneem en dit aan Hagar gegee deur dit op haar skouer te sit, en ook die kind, en haar weggestuur. Sy het toe weggegaan en rondgedwaal in die woestyn van Berséba.

15. En toe die water in die sak op was, het sy die kind onder een van die bosse neergewerp

16. en geloop en op ’n afstand gaan sit so ver as ’n boog kan skiet; want sy het gesê: Ek wil die dood van die kind nie aansien nie. En sy het op ’n afstand gaan sit en haar stem verhef en geween.

17. Toe hoor God die stem van die seun, en die Engel van God het na Hagar geroep uit die hemel en haar gevra: Wat is dit met jou, Hagar? Wees nie bevrees nie, want God het na die stem van die seun geluister op die plek waar hy is.

18. Staan op, tel die seun op en hou hom vas met jou hand, want Ek sal hom ’n groot nasie maak.

19. Daarop het God haar oë geopen, en sy sien ’n put! En sy het geloop en die sak vol water gemaak en die seun laat drink.

20. En God was met die seun; en hy het opgegroei en in die woestyn gewoon en ’n boogskutter geword:

Lees volledige hoofstuk Génesis 21