Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 17:19-27 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

19. Toe antwoord God: Voorwaar, jou vrou Sara sal vir jou ’n seun baar, en jy moet hom Isak noem; en Ek sal my verbond met hom oprig as ’n ewige verbond vir sy nageslag ná hom.

20. Ook wat Ismael aangaan, het Ek jou verhoor. Kyk, Ek seën hom en maak hom vrugbaar en vermeerder hom buitengewoon. Twaalf vorste sal hy verwek, en Ek sal hom ’n groot nasie maak.

21. Maar my verbond sal Ek oprig met Isak wat Sara vir jou anderjaar op hierdie tyd sal baar.

22. En nadat Hy klaar met hom gespreek het, het God van Abraham af opgevaar.

23. Daarop neem Abraham sy seun Ismael en almal wat in sy huis gebore is, en almal wat met sy geld gekoop is, almal wat manlik was onder die mense in die huis van Abraham, en hy het die vlees van hulle voorhuid nog op daardie selfde dag besny, soos God met hom gespreek het.

24. En Abraham was negen-en-negentig jaar oud toe hy aan die vlees van sy voorhuid besny is.

25. En sy seun Ismael was dertien jaar oud toe hy aan die vlees van sy voorhuid besny is.

26. Op daardie selfde dag is Abraham en sy seun Ismael besny

27. en al die manne van sy huis — die wat in sy huis gebore en die wat van vreemdelinge met geld gekoop is, is saam met hom besny.

Lees volledige hoofstuk Génesis 17