Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 28:34-40 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

34. ’n goue klokkie en ’n granaatjie, ’n goue klokkie en ’n granaatjie, aan die soom van die mantel rondom.

35. En Aäron moet dit aanhê om te kan dien, sodat die geluid daarvan gehoor word as hy in die heiligdom, voor die aangesig van die Here, ingaan en as hy daar uitgaan, dat hy nie sterwe nie.

36. Verder moet jy ’n plaat van suiwer goud maak en daarop graveer, soos op ’n seëlsteen uitgesny word: Heilig aan die Here.

37. En maak dit vas aan ’n pers toutjie, sodat dit aan die tulband kan wees; aan die voorkant van die tulband moet dit wees.

38. So moet dit dan op die voorhoof van Aäron wees, sodat Aäron die skuld kan dra met betrekking tot die heilige dinge wat die kinders van Israel sal heilig — al hulle heilige gawes. En dit moet gedurigdeur op sy voorhoof wees, dat hulle voor die aangesig van die Here welgevalle mag vind.

39. Jy moet ook die rok van fyn linne kunstig bewerk. Jy moet ook ’n tulband van fyn linne maak, en ’n gordel moet jy van veelkleurige werk maak.

40. En maak rokke vir die seuns van Aäron, en maak vir hulle gordels. Ook moet jy vir hulle musse maak, tot eer en tot sieraad.

Lees volledige hoofstuk Exodus 28