Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 13:13-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. Maar elke eersteling van ’n esel moet jy met ’n lam loskoop. En as jy dit nie loskoop nie, moet jy sy nek breek. Maar al die eersgeborenes van mense onder jou seuns moet jy loskoop.

14. En as jou seun jou later vra en sê: Wat beteken dit? dan moet jy hom antwoord: Die Here het ons deur ’n sterke hand uit Egipte, uit die slawehuis, uitgelei.

15. Want toe Farao swarigheid gemaak het om ons te laat trek, het die Here al die eersgeborenes in Egipteland gedood, van die eersgeborene van die mense af tot die eersgeborene van die diere toe. Daarom offer ek aan die Here alles wat die moederskoot open wat manlik is; maar al die eersgeborenes van my seuns koop ek los.

16. En dit sal as ’n teken wees op jou hand en ’n voorhoofsband tussen jou oë; want die Here het ons deur ’n sterke hand uit Egipte uitgelei.

17. TOE Farao die volk laat trek het, het God hulle nie op die pad na die land van die Filistyne gelei nie, alhoewel dit nader was; want God het gesê: Die volk kan dalk berou kry as hulle oorlog sien, en teruggaan na Egipte.

Lees volledige hoofstuk Exodus 13