Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 11:7-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. Maar teen geeneen van die kinders van Israel sal ’n hond sy tong verroer nie, van die mense af tot die diere toe, dat julle kan weet dat die Here ’n onderskeid maak tussen die Egiptenaars en die Israeliete.

8. Dan sal al hierdie dienaars van u na my toe afkom en voor my neerbuig en sê: Trek uit, jy en die hele volk wat jou volg. En daarna sal ek uittrek. Toe het hy van Farao af weggegaan in gloeiende toorn.

9. En die Here het vir Moses gesê: Farao sal na julle nie luister nie, sodat my wonders in Egipteland baie kan word.

10. En Moses en Aäron het al hierdie wonders voor Farao gedoen. Maar die Here het Farao se hart verhard, sodat hy die kinders van Israel nie uit sy land laat trek het nie.

Lees volledige hoofstuk Exodus 11