Ou Testament

Nuwe Testament

Ester 9:17-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. Dit was op die dertiende dag van die maand Adar; en op die veertiende daarvan het hulle gerus en dit ’n dag van maaltyd en vrolikheid gemaak.

18. Maar die Jode wat in Susan was, het op die dertiende en die veertiende daarvan byeengekom, en op die vyftiende daarvan gerus, sodat hulle dit ’n dag van maaltyd en vrolikheid gemaak het.

19. Daarom maak die Jode wat buite in die onbemuurde stede woon, van die veertiende dag van die maand Adar ’n dag van vrolikheid en maaltyd en ’n feesdag waarop hulle mekaar lekkernye stuur.

20. EN Mórdegai het hierdie dinge opgeskrywe en briewe gestuur aan al die Jode wat in al die provinsies van koning Ahasvéros was, die wat naby en die wat ver was,

21. om vir hulle vas te stel dat hulle elke jaar die veertiende dag van die maand Adar en die vyftiende daarvan moes vier —

22. as die dae waarop die Jode rus gekry het van hulle vyande, en die maand wat vir hulle van kommer in vrolikheid en van rou in ’n feesdag verander is — dat hulle daar dae van maaltyd en vrolikheid van moes maak en om mekaar lekkernye en aan die armes gawes te stuur.

23. En die Jode het as insetting aangeneem wat hulle begin het om te doen en wat Mórdegai aan hulle geskryf het.

Lees volledige hoofstuk Ester 9