Ou Testament

Nuwe Testament

Ester 9:1-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN in die twaalfde maand, dit is die maand Adar, op die dertiende dag daarvan, toe die bevel van die koning en sy wet uitgevoer sou word, op die dag toe die vyande van die Jode gehoop het om hulle te oorweldig — maar dit net omgekeerd was, sodat juis die Jode hulle haters sou oorweldig —

2. het die Jode saamgekom in hulle stede in al die provinsies van koning Ahasvéros om die hand te slaan aan die wat hulle onheil gesoek het; en niemand het voor hulle standgehou nie, want die skrik vir hulle het op al die volke geval.

3. En al die vorste van die provinsies en die landvoogde en die goewerneurs en die beamptes van die koning het die Jode ondersteun, want die skrik vir Mórdegai het op hulle geval.

4. Want Mórdegai was groot in die paleis van die koning, en sy gerug het deur al die provinsies gegaan, omdat die man Mórdegai al groter geword het.

5. En die Jode het onder hulle vyande ’n slagting aangerig deur die swaard en deur doodslag en verdelging, en met hulle haters na hulle goedvinde gehandel.

6. En in die vesting Susan het die Jode vyfhonderd man gedood en uitgeroei;

7. en Parsandáta en Dalfon en Aspáta,

8. en Poráta en Adálja en Aridáta,

9. en Parmásta en Arísai en Arídai en Waisáta,

10. die tien seuns van Haman, die seun van Hammedáta, die teëstander van die Jode, het hulle gedood, maar na die buit hulle hand nie uitgesteek nie.

11. Op dieselfde dag het die getal van die wat in die vesting Susan gedood is, voor die koning gekom;

12. en die koning het aan koningin Ester gesê: In die vesting Susan het die Jode vyfhonderd man gedood en uitgeroei benewens die tien seuns van Haman; wat sou hulle wel in die ander provinsies van die koning gedoen het? Wat is dan jou bede? — dit sal jou toegestaan word. En wat is verder jou versoek? — daaraan sal voldoen word.

13. Toe sê Ester: As die koning dit goedvind, laat môre ook aan die Jode wat in Susan is, toegestaan word om te handel volgens die wet wat geld vir vandag; en laat hulle die tien seuns van Haman aan die galg ophang.

14. En die koning het bevel gegee om so te doen; en ’n wet is in Susan uitgevaardig, en hulle het die tien seuns van Haman opgehang.

15. En die Jode wat in Susan was, het ook op die veertiende dag van die maand Adar saamgekom; en hulle het in Susan driehonderd man gedood, maar na die buit hulle hand nie uitgesteek nie.

16. En die ander Jode wat in die provinsies van die koning was, het saamgekom en hulle lewe verdedig en gerus van hul vyande; en hulle het onder hul haters vyf-en-sewentigduisend omgebring, maar na die buit hulle hand nie uitgesteek nie.

Lees volledige hoofstuk Ester 9