Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 9:6-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. en gesê: My God, ek voel te beskaamd en verleë om my aangesig tot U, my God, op te hef, want ons ongeregtighede het oor ons hoof gegroei, en ons skuld is hemelhoog.

7. Van die dae van ons vaders af tot vandag toe is ons in ’n groot skuld, en oor ons ongeregtighede is ons self, ons konings, ons priesters oorgegee in die hand van die konings van die lande, aan die swaard, aan gevangenskap en aan plundering en beskaming van die aangesig soos dit vandag is.

8. En nou was daar vir ’n klein oomblik genade van die kant van die Here onse God, om vrygeraaktes vir ons te laat oorbly en ons ’n pen te gee in sy heilige plek, sodat onse God ons oë verhelder het en ons ’n bietjie verademing geskenk het in ons diensbaarheid.

9. Want slawe is ons; in ons slawerny egter het onse God ons nie verlaat nie, maar Hy het ons guns laat vind voor die konings van Persië, sodat hulle ons verademing geskenk het om die huis van onse God weer op te rig en sy puinhope te herstel en ons ’n muur te gee in Juda en Jerusalem.

10. En wat sal ons nou ná hierdie dinge sê, onse God? Want ons het u gebooie verlaat

11. wat U deur u knegte, die profete, beveel het deur te sê: Die land waar julle inkom om dit in besit te neem, is ’n onrein land vanweë die onreinheid van die volke van die lande, deur hulle gruwels waarmee hulle dit van die een end tot die ander vervul het in hulle onreinheid.

12. Gee dan nou julle dogters nie aan hulle seuns en neem hulle dogters nie vir julle seuns nie, en soek tot in ewigheid nie hulle vrede en geluk nie, sodat julle kan sterk word en die goeie van die land geniet en dit aan julle kinders as besitting kan gee tot in ewigheid.

Lees volledige hoofstuk Esra 9