Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 6:9-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. Dan sal die wat uit julle ontvlug het, aan My dink onder die nasies waarheen hulle as gevangenes weggevoer is, as Ek hulle ontugtige hart wat van My afgewyk het, en hulle oë wat agter hulle drekgode aan hoereer, verbreek het; en hulle sal vir hulself walglik wees weens die slegte dinge wat hulle gedoen het volgens al hulle gruwels.

10. En hulle sal weet dat Ek die Here is; Ek het nie tevergeefs gespreek dat Ek hulle hierdie onheil sal berokken nie.

11. So sê die Here Here: Slaan in jou hand, en stamp met jou voet, en sê: Wee oor al die growwe gruweldade van die huis van Israel, omdat hulle deur die swaard, die honger en die pes moet val.

12. Hy wat ver is, sal deur die pes sterwe; en hy wat naby is, sal deur die swaard val; en hy wat oorgebly het en gespaar is, sal deur die hongersnood sterwe. So sal Ek dan my grimmigheid teen hulle laat uitwoed.

13. En julle sal weet dat Ek die Here is, as die wat uit hulle verslaan is, onder hulle drekgode lê rondom hulle altare op elke hoë heuwel, op al die bergtoppe en onder elke groen boom en onder elke digte terpentynboom, die plek waar hulle aan al hulle drekgode ’n lieflike offergeur gebring het.

14. En Ek sal my hand teen hulle uitstrek en sal die land ’n wildernis maak en ’n woesteny, van die Woestyn af tot by Ribla in al hulle woonplekke. En hulle sal weet dat Ek die Here is.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 6