Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 47:11-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. Die moerasse en kuile daarvan — húlle sal nie gesond word nie: vir sout is hulle bestem.

12. En by die stroom sal aan altwee kante allerhande bome groei om van te eet, waarvan die blare nie sal verdor en die vrugte nie sal opraak nie; elke maand sal hulle nuwe vrugte dra; want die waters waar hulle aan staan — uit die heiligdom stroom hulle; en hulle vrugte sal wees om te eet en hulle blare om te genees.

13. SO sê die Here Here: Dit moet die grondgebied wees waarin julle die land as erfdeel sal verwerf volgens die twaalf stamme van Israel — vir Josef twee dele.

14. En julle moet dit erwe, die een soos die ander, omdat Ek my hand opgehef het om dit aan julle vaders te gee; en hierdie land moet julle as erfenis toeval.

15. En dit moet die grens van die land wees: aan die noordekant van die Groot See af, langs die weg van Hetlon, tot by die ingang na Sedad toe:

16. Hamat, Berota, Sibraim, wat tussen die gebied van Damaskus en die gebied van Hamat lê, die middelste Haser, wat op die grens van Hauran is.

17. So moet dan die grens van die See af wees tot by Hasar-Enon, die gebied van Damaskus, en wat die noorde betref noordwaarts, is Hamat die grens; dit is die noordekant.

18. En aan die oostekant: tussen Hauran en Damaskus en Gílead en die land van Israel uit — die Jordaan; van dié grens af tot by die Oostelike See moet julle dit meet; dit is die oostekant.

19. En aan die suidekant na die suide toe van Tamar af tot by die twiswaters van Kades, dan na die spruit van Egipte tot by die Groot See; dit is die suidekant na die suide toe.

20. En aan die westekant die Groot See, van die grens af tot reg teenoor die plek waar die ingang na Hamat is; dit is die westekant.

21. En julle moet hierdie land aan julle uitdeel volgens die stamme van Israel.

22. En julle moet dit as erfenis laat toeval aan julle en aan die vreemdelinge wat onder julle vertoef, wat kinders onder julle verwek het; en hulle sal vir julle wees soos ’n kind van die land onder die kinders van Israel; saam met julle moet hulle ’n erfdeel ontvang onder die stamme van Israel.

23. En in die stam waar die vreemdeling by vertoef, daar moet julle hom sy erfdeel gee, spreek die Here Here.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 47