Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 42:12-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. so was ook die ingange van die kamers wat na die suide lê: ’n ingang by die begin van die weg, naamlik die weg voor die ooreenkomende muur, na die ooste toe, as ’n mens na hulle toe aankom.

13. Toe het hy vir my gesê: Die noordelike kamers en die suidelike kamers wat teenoor die afgeslote ruimte lê, hulle is die heilige kamers waar die priesters wat na die Here nader kom, die hoogheilige gawes moet eet; daar moet hulle die hoogheilige gawes neersit: die spysoffer en die sondoffer en die skuldoffer, want die plek is heilig.

14. As die priesters ingaan, dan mag hulle nie uit die heiligdom uitgaan na die buitenste voorhof nie, maar daar moet hulle hul klere neersit waarin hulle diens gedoen het; want dié is heilig; hulle moet ander klere aantrek en dan nader kom na die ruimte wat vir die volk bestem is.

15. En toe hy klaar was met die mate van die binneste huis, het hy my na die poort toe uitgebring waarvan die voorkant na die ooste lê, en dit gemeet al rondom.

16. Hy het die oostekant met die meetroede gemeet: vyfhonderd roede, met die meetroede rondom.

17. Hy het die noordekant gemeet: vyfhonderd roede, met die meetroede rondom.

18. Die suidekant het hy gemeet: vyfhonderd roede, met die meetroede.

19. Hy het hom begewe na die westekant en gemeet: vyfhonderd roede, met die meetroede.

20. Hy het dit aan vier kante gemeet; dit het ’n muur gehad al rondom; die lengte was vyfhonderd en die breedte vyfhonderd, om skeiding te maak tussen wat heilig en onheilig is.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 42