Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 27:27-36 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

27. Jou goed en jou handelsartikels, jou koopware, jou seevaarders en jou stuurmanne, die wat jou lekplekke reggemaak het en die wat jou koopware verhandel het, en al jou krygsmanne wat in jou is, saam met jou hele menigte wat in jou is — hulle sal val in die hart van die seë op die dag van jou val.

28. Van die harde geskreeu van jou stuurmanne sal die oop velde bewe.

29. En almal wat die roeispaan hanteer, sal van hulle skepe afklim; die seevaarders, al die stuurmanne van die see, sal op die land gaan staan.

30. En hulle sal hul stem oor jou laat hoor en bitterlik skreeu; en hulle sal stof op hul hoofde gooi, hulle wentel in die as.

31. En hulle sal om jou ontwil ’n kaal plek skeer en rouklere aangord en oor jou ween met bitterheid van siel, in ’n bitter rouklag.

32. En hulle sal in hul weeklag oor jou ’n klaaglied aanhef en oor jou sing: Wie was soos Tirus, die doodstille daar in die see?

33. Toe jou handelsware uit die see voortgekom het, het jy baie volke versadig; met die menigte van jou goed en jou koopware het jy die konings van die aarde ryk gemaak.

34. Nou is jy verbreek van die see af in die dieptes van die waters; jou koopware en jou hele menigte het saam met jou weggesink.

35. Al die inwoners van die kuslande staan verbaas oor jou, en hulle konings huiwer van skrik, met donker aangesigte.

36. Die handelaars onder die volke spot oor jou; jy het ’n verskrikking geword en sal daar nie meer wees tot in ewigheid nie.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 27