Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 23:41-49 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

41. En jy het gesit op ’n pragtige bed waarvoor ’n tafel reggemaak is en waar jy my reukwerk en my olie op neergesit het;

42. en daarbinne was die stem van ’n sorgelose menigte. En by manne uit die menigte van mense is daar wynsuipers aangebring uit die woestyn; dié het armbande aan hulle hande gesit en ’n pragtige kroon op hulle hoofde.

43. Toe sê Ek: Bedryf die verwelkte nog owerspel? Nou sal haar hoererye self hoerery gaan bedrywe.

44. En hulle het by haar ingegaan soos ’n mens ingaan by ’n hoer; só het hulle ingegaan by Ohóla en Ohóliba, die ontugtige vroue.

45. En regverdige manne, dié sal hulle vonnis volgens die reg van owerspeelsters en volgens die reg van vroue wat bloed vergiet; want hulle is owerspeelsters, en bloed is aan hulle hande.

46. Want so sê die Here Here: Laat hulle teen hulle ’n vergadering oproep en hulle tot ’n skrikbeeld maak en ’n plundering.

47. En die vergadering moet hulle stenig en hulle met hul swaarde stukkend kap; hulle seuns en dogters moet hulle doodmaak en hulle huise met vuur verbrand.

48. So sal Ek dan die skandelike dade uit die land laat ophou, dat al die vroue hulle kan laat waarsku om geen skandelikheid te begaan soos julle nie.

49. En hulle sal julle skandelike dade op julle laat neerkom, en julle sal die sondes van julle drekgode dra; en julle sal weet dat Ek die Here Here is.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 23