Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 20:39-49 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

39. Maar julle, o huis van Israel, so sê die Here Here: Gaan weg en dien elkeen sy drekgode; maar hierná — sekerlik sal julle na My luister en my heilige Naam nie meer ontheilig met julle offergawes en julle drekgode nie.

40. Want op my heilige berg, op die verhewe berg van Israel, spreek die Here Here, daar sal die hele huis van Israel, hulle almal, My dien in die land; daar sal Ek ’n behae in hulle hê en daar sal Ek julle offergawes eis en die eerstelinge van julle aanbiedinge by al julle heilige gawes.

41. As ’n lieflike geur sal Ek ’n behae in julle hê wanneer Ek julle uit die volke uitlei en julle uit die lande versamel waarin julle verstrooi was, en Ek sal My in julle as die Heilige laat ken voor die oë van die nasies.

42. En julle sal weet dat Ek die Here is as Ek julle in die land van Israel bring, in die land waar Ek my hand oor opgehef het om dit aan julle vaders te gee.

43. Daar sal julle dan dink aan julle weë en al julle handelinge waarmee julle jul verontreinig het, en julle sal vir julself walglik wees vanweë al jul slegte dinge wat julle gedoen het.

44. En julle sal weet dat Ek die Here is as Ek met julle handel ter wille van my Naam en nie volgens julle verkeerde weë of julle verdorwe handelinge nie, o huis van Israel, spreek die Here Here.

45. VERDER het die woord van die Here tot my gekom en gesê:

46. Mensekind, rig jou aangesig na die suide en laat jou rede druppel teen die suide en profeteer teen die bosveld, die Suidland,

47. en sê aan die bos van die Suidland: Hoor die woord van die Here: So spreek die Here Here: Kyk, Ek steek ’n vuur in jou aan wat in jou elke groen boom en elke droë boom sal verteer; die uitslaande vlam sal nie uitgeblus word nie, maar daardeur sal alle aangesigte verbrand word van die Suidland af tot die noorde toe;

48. en alle vlees sal sien dat Ek, die Here, dit aangesteek het; dit sal nie uitgeblus word nie.

49. Toe sê ek: Ag, Here Here, hulle sê vir my: Spreek hy nie altyd in gelykenisse nie?

Lees volledige hoofstuk Eségiël 20