Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 11:7-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. Daarom, so sê die Here Here: Die wat deur julle verslaan is, wat julle daarin neergelê het, hulle is die vleis, en hierdie stad is die pot, maar júlle sal Ek daar uitbring.

8. Julle is bevrees vir die swaard, maar die swaard sal Ek oor julle bring, spreek die Here Here.

9. En Ek sal julle daar uitbring en julle oorgee in die hand van vreemdes en strafgerigte onder julle oefen.

10. Julle sal deur die swaard val; by die grens van Israel sal Ek julle oordeel. En julle sal weet dat Ek die Here is.

11. Hierdie stad sal vir julle nie die pot, en júlle sal daarin nie die vleis wees nie; by die grens van Israel sal Ek julle oordeel.

12. En julle sal weet dat Ek die Here is, omdat julle nie in my insettinge gewandel en my verordeninge nie gehou het nie, maar gehandel het volgens verordeninge van die nasies wat rondom julle is.

13. En terwyl ek profeteer, het Pelátja, die seun van Benája, gesterwe. Toe het ek op my aangesig geval en hardop uitgeroep en gesê: Ag, Here Here, wil U ’n einde maak aan die oorblyfsel van Israel?

14. Toe het die woord van die Here tot my gekom en gesê:

15. Mensekind, jou broers, jou broers, die manne wat aan jou verwant is, en die hele huis van Israel, almal saam, van wie die inwoners van Jerusalem sê: Bly ver van die Here af, aan óns is dit, die land, as besitting gegee —

16. Daarom sê: So spreek die Here Here: Omdat Ek hulle ver weggedryf het onder die nasies, en omdat Ek hulle verstrooi het in die lande en Ek vir hulle ’n kort rukkie ’n heiligdom geword het in die lande waar hulle gekom het —

17. daarom sê: So spreek die Here Here: Ek sal julle bymekaarmaak uit die volke en julle versamel uit die lande waarin julle verstrooi is, en Ek sal aan julle die land Israel gee.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 11