Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronómium 27:2-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. En die dag as julle deur die Jordaan gaan in die land wat die Here jou God jou sal gee, moet jy vir jou groot klippe oprig en dit met kalk bestryk.

3. En jy moet as jy oortrek daarop skrywe al die woorde van hierdie wet, sodat jy kan kom in die land wat die Here jou God jou sal gee, ’n land wat oorloop van melk en heuning, soos die Here, die God van jou vaders, jou beloof het.

4. As julle dan deur die Jordaan trek, moet julle hierdie klippe waaromtrent ek julle vandag bevel gee, op die berg Ebal oprig, en jy moet dit met kalk bestryk.

5. En jy moet daar vir die Here jou God ’n altaar bou, ’n altaar van klippe; jy mag geen yster daaroor swaai nie.

6. Van ongekapte klippe moet jy die altaar van die Here jou God bou; en jy moet daarop brandoffers bring aan die Here jou God.

7. Ook moet jy dankoffers slag en daar eet en vrolik wees voor die aangesig van die Here jou God.

8. En jy moet op die klippe baie duidelik skrywe al die woorde van hierdie wet.

9. Verder het Moses en die Levitiese priesters die hele Israel toegespreek en gesê: Wees stil en luister, o Israel! Vandag het jy die volk van die Here geword.

10. Daarom moet jy na die stem van die Here jou God luister en sy gebooie en sy insettinge volbring wat ek jou vandag beveel.

11. En Moses het aan die volk op dié dag bevel gegee en gesê:

12. Hierdie stamme moet staan om die volk te seën op die berg Gerísim as julle deur die Jordaan getrek het: Símeon en Levi en Juda en Íssaskar en Josef en Benjamin.

13. En hierdie moet staan om te vervloek op die berg Ebal: Ruben, Gad en Aser en Sébulon, Dan en Náftali.

14. En die Leviete moet verklaar en aan al die manne van Israel hardop sê:

Lees volledige hoofstuk Deuteronómium 27