Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronómium 25:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. AS daar tussen manne ’n twis is en hulle na die gereg kom en die regters hulle vonnis en die regverdige regverdig verklaar en die skuldige skuldig verklaar,

2. as dan die skuldige slae verdien, moet die regter hom laat lê en hom in sy teenwoordigheid met ’n aantal slae laat slaan ooreenkomstig sy skuld;

3. veertig slae mag hy hom laat gee, nie meer nie, dat hy hom nie verder met baie slae bo dié laat slaan en jou broer voor jou oë veragtelik gemaak word nie.

4. Jy mag ’n os nie muilband as hy graan dors nie.

5. AS broers bymekaar woon en een van hulle sterwe sonder dat hy ’n seun het, dan mag die vrou van die oorledene nie daarbuite ’n vreemde man s’n word nie; haar swaer moet by haar ingaan en haar as sy vrou neem en die swaershuwelik met haar sluit;

6. en die eersgeborene wat sy baar, moet staan op naam van sy oorlede broer, dat sy naam nie uit Israel uitgedelg word nie.

Lees volledige hoofstuk Deuteronómium 25