Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronómium 14:21-28 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

21. Julle mag geen aas eet nie; vir die vreemdeling wat in jou poorte is, kan jy dit gee, dat hy dit eet, of jy kan dit aan ’n uitlander verkoop; want jy is ’n heilige volk aan die Here jou God. Jy mag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie.

22. JY moet noukeurig die hele opbrings van jou saad — wat jaar vir jaar uit die land uitspruit — vertien.

23. En jy moet voor die aangesig van die Here jou God op die plek wat Hy sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, die tiendes eet van jou koring, van jou mos en van jou olie en die eersgeborenes van jou beeste en van jou kleinvee, dat jy kan leer om die Here jou God altyd te vrees.

24. En as die pad vir jou te lank is, as jy dit nie kan vervoer nie, omdat die plek wat die Here jou God sal uitkies om sy Naam daar te vestig, te ver van jou af is, as die Here jou God jou sal seën,

25. dan moet jy dit tot geld maak en die geld in jou hand bind en na die plek gaan wat die Here jou God sal uitkies.

26. Dan moet jy die geld gee vir alles wat jou siel begeer, vir beeste en kleinvee en wyn en sterk drank en vir alles wat jou siel van jou begeer, en jy moet daar eet voor die aangesig van die Here jou God en vrolik wees, jy en jou huis.

27. Maar die Leviet wat in jou poorte is, hom moet jy nie aan sy lot oorlaat nie, want hy het geen deel of erfenis saam met jou nie.

28. Aan die einde van drie jaar moet jy uitbring al die tiendes van jou opbrings in dié jaar en dit in jou poorte wegsit;

Lees volledige hoofstuk Deuteronómium 14