Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 4:9-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. Ek het julle met brandkoring en met heuningdou swaar getref, baie van julle tuine en julle wingerde en julle vyebome en julle olyfbome het die sprinkaan verslind — nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die Here.

10. Ek het die pes onder julle gestuur, op die manier van Egipte; Ek het julle jongmanne met die swaard gedood saam met die wegvoering van julle perde; en Ek het die stank van julle laer laat opstyg, ja, tot in julle neus — nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die Here.

11. Ek het julle omgekeer soos God Sodom en Gomorra omgekeer het, sodat julle soos ’n stuk brandhout was wat uit die vuur geruk is — nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die Here.

12. Daarom sal Ek só met jou handel, o Israel; omdat Ek só met jou sal handel — maak jou klaar om jou God te ontmoet, o Israel!

13. Want kyk, Hy wat die berge formeer en die wind skep en aan die mens sy gedagte bekend maak, wat die dageraad duisternis maak, wat op die hoogtes van die aarde wandel, Here, God van die leërskare, is sy Naam!

Lees volledige hoofstuk Amos 4