Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 21:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN toe daar in die dae van Dawid ’n hongersnood was, drie jaar lank, jaar ná jaar, het Dawid die aangesig van die Here gesoek; en die Here het gesê: Vanweë Saul en vanweë sy huis waarop bloedskuld rus, omdat hy die Gibeoniete omgebring het.

2. Toe roep die koning die Gibeoniete en sê vir hulle — die Gibeoniete het naamlik nie behoort tot die kinders van Israel nie, maar by ’n oorblyfsel van die Amoriete; en hoewel die kinders van Israel vir hulle gesweer het, het Saul probeer om hulle om te bring in sy ywer vir die kinders van Israel en Juda —

3. Dawid dan het aan die Gibeoniete gesê: Wat moet ek vir julle doen, en waarmee moet ek versoening doen, dat julle die erfdeel van die Here kan seën?

4. Daarop sê die Gibeoniete vir hom: Dit is ons teenoor Saul en sy huis nie te doen om silwer en goud nie, en dit gaan vir ons nie daarom om iemand in Israel dood te maak nie. En hy vra: Wat dink julle dan moet ek vir julle doen?

5. En hulle sê vir die koning: Die man wat ons vernietig het en planne teen ons beraam het om ons te verdelg sonder dat ons in enige grondgebied van Israel kan voortbestaan —

6. laat sewe manne van sy seuns aan ons gegee word, dat ons hulle voor die Here kan ophang in Gíbea van Saul, die uitverkorene van die Here! En die koning het gesê: Ek sal hulle gee.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 21