Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 20:8-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. Terwyl hulle by die groot klip was wat by Gíbeon lê, kom Amása voor hulle uit. En Joab was omgord met sy wapenrok as sy kleed en daaroor was ’n gord met ’n swaard wat in die skede aan sy heupe vasgemaak was, en terwyl hy voortgaan, het dit geval.

9. En Joab sê vir Amása: Gaan dit goed met jou, my broer? En Joab het met die regterhand die baard van Amása gegryp om hom te soen.

10. En Amása was nie op sy hoede vir die swaard wat in die hand van Joab was nie. Toe steek hy hom daarmee in die onderlyf en stort sy ingewande op die grond uit sonder om hom ’n tweede steek te gee, sodat hy gesterf het. Daarop het Joab en sy broer Abísai Seba, die seun van Bigri, agternagejaag.

11. Maar ’n man uit die dienaars van Joab het daar by hom bly staan en gesê: Wie in Joab behae het en wie vir Dawid is, laat hom Joab volg!

12. Terwyl Amása in die middel van die pad hom in die bloed lê en wentel en die man sien dat al die manskappe bly staan, het hy Amása uit die pad uit weggeneem na die veld en ’n kleed oor hom gegooi, omdat hy sien dat elkeen wat by hom kom, daar bly staan.

13. Toe hy hom uit die pad verwyder het, trek al die manskappe verby agter Joab aan om Seba, die seun van Bigri, agterna te jaag.

14. En dié het deur al die stamme van Israel getrek na Abel en Bet-Máäga en die hele Berim; en hulle het byeengekom en ook agter hom aan gegaan.

15. En hulle het gekom en hom in Abel-Bet-Máäga beleër en ’n wal teen die stad opgegooi, wat teen die voorskans opgerys het. Terwyl al die manskappe van Joab besig was met verwoes om die muur te laat val,

16. roep ’n wyse vrou uit die stad: Luister, luister! Sê tog vir Joab: Kom hierheen, dat ek met u kan spreek.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 20