Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 12:22-29 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

22. En hy sê: Toe die kind nog in die lewe was, het ek gevas en geween, want ek het gedink: Wie weet — die Here kan my genadig wees, sodat die kind in die lewe bly.

23. Maar nou is hy dood — waarom sou ek dan vas? Sal ek hom nog kan terugbring? Ek gaan na hom, maar hy sal na my nie terugkeer nie.

24. Daarna het Dawid sy vrou Bátseba getroos en by haar ingegaan en by haar geslaap. En sy het ’n seun gebaar, en hy het hom Salomo genoem. En die Here het hom liefgehad,

25. en Hy het hom deur Natan, die profeet, Jedídja laat noem, ter wille van die Here.

26. En Joab het teen Rabba van die kinders van Ammon geveg en die koningstad ingeneem.

27. Daarop stuur Joab boodskappers na Dawid om te sê: Ek het teen Rabba geveg, ook het ek die waterstad ingeneem.

28. Maak u dan nou die orige manskappe bymekaar en beleër die stad en neem dit in, sodat ék nie die stad inneem en my naam daaroor uitgeroep word nie.

29. Toe maak Dawid al die manskappe bymekaar, en hy het weggetrek na Rabba, daarteen geveg en dit ingeneem.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 12