Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 1:1-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN ná die dood van Saul, toe Dawid terug was van die verslaan van die Amalekiete en Dawid twee dae in Siklag gebly het,

2. kom daar op die derde dag ’n man uit die leër, van Saul af, met geskeurde klere en grond op sy hoof. En toe hy by Dawid kom, val hy op die grond en buig hom neer.

3. En Dawid sê vir hom: Waar kom jy vandaan? En hy antwoord hom: Ek het ontvlug uit die leër van Israel.

4. Verder sê Dawid vir hom: Wat het gebeur? Vertel my tog. Toe antwoord hy: Die manskappe het uit die geveg gevlug, en baie van die manskappe het ook geval en gesterwe; ja, ook Saul en sy seun Jónatan is dood.

5. En Dawid vra die jongman wat hom die boodskap gebring het: Hoe weet jy dat Saul en sy seun Jónatan dood is?

6. Daarop sê die jongman wat hom die boodskap gebring het: Ek was bygeval op die gebergte Gilbóa, en kyk, Saul het op sy spies geleun, terwyl die strydwaens en perderuiters hom agternasit;

7. en hy het agter hom omgekyk en my gesien en my geroep, en ek het gesê: Hier is ek.

8. Toe vra hy my: Wie is jy? En ek antwoord hom: Ek is ’n Amalekiet.

9. Daarop sê hy vir my: Kom staan tog by my en maak my van kant, omdat ’n duiseling my bevang het; want my lewe is nog heeltemal in my.

10. En ek het by hom gaan staan en hom van kant gemaak, want ek het geweet dat hy ná sy val nie sou leef nie; en ek het die kroon wat op sy hoof en die armband wat om sy arm was, geneem en dit hier na my heer gebring.

11. Toe gryp Dawid sy klere en skeur dit; net so al die manne wat by hom was.

12. En hulle het gerouklaag en geween en gevas tot die aand toe oor Saul en oor sy seun Jónatan en oor die volk van die Here en oor die huis van Israel, omdat hulle deur die swaard geval het.

13. Verder sê Dawid aan die jongman wat hom die boodskap gebring het: Waar kom jy vandaan? En hy antwoord: Ek is die seun van ’n vreemde man, ’n Amalekiet.

14. En Dawid sê vir hom: Hoe? Jy was nie bevrees om jou hand uit te steek om die gesalfde van die Here om te bring nie?

15. Daarop roep Dawid een van die jongmanne en sê: Kom nader, val op hom aan! En dié het hom neergeslaan, dat hy gesterf het.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 1