Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 9:21-31 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

21. Want die koning het skepe gehad wat na Tarsis gevaar het saam met die dienaars van Huram; een maal in drie jaar het die Tarsis-skepe ingekom, gelaai met goud en silwer, ivoor en ape en poue.

22. So het koning Salomo dan groter geword as al die konings van die aarde in rykdom en wysheid.

23. En al die konings van die aarde het die aangesig van Salomo gesoek om sy wysheid te hoor wat God in sy hart gegee het,

24. terwyl elkeen van hulle sy geskenk saamgebring het: silwervoorwerpe en goue voorwerpe en klere, wapens en speserye, perde en muile, jaar vir jaar.

25. Verder het Salomo vierduisend perdekrippe gehad en strydwaens en twaalfduisend ruiters, en hy het dit in die stede vir die waens en by die koning in Jerusalem opgestel.

26. En hy was heerser oor al die konings van die Eufraat af tot by die land van die Filistyne en tot by die grens van Egipte.

27. Verder het die koning die silwer in Jerusalem gemaak soos klippe en die seders gemaak soos die wildevyebome wat in die Laeveld is, in menigte.

28. En hulle het vir Salomo perde uit Egipte en uit al die lande uitgevoer.

29. EN die verdere geskiedenis van Salomo, die vroeëre sowel as die latere, is dit nie beskrywe nie in die Geskiedenis van die profeet Natan en in die Profesie van Ahía, die Siloniet, en in die Gesigte van die siener Jedi oor Jeróbeam, die seun van Nebat?

30. En Salomo het in Jerusalem oor die hele Israel veertig jaar geregeer.

31. Daarna het Salomo met sy vaders ontslaap en is begrawe in die stad van sy vader Dawid; en sy seun Rehábeam het in sy plek koning geword.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 9