Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 33:4-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. ook altare gebou in die huis van die Here waarvan die Here gesê het: In Jerusalem sal my Naam vir ewig wees.

5. En hy het altare gebou vir die hele leër van die hemel in altwee die voorhowe van die huis van die Here.

6. Ook het hy self sy seuns deur die vuur laat deurgaan in die dal van die seun van Hinnom en met goëlery en verklaring van voortekens en towery omgegaan en dodebesweerders en waarsêers aangestel; hy het baie gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here, om Hom te terg.

7. Hy het ook ’n gesnede afgodsbeeld wat hy gemaak het, in die huis van God opgestel waarvan God aan Dawid en sy seun Salomo gesê het: In hierdie huis en in Jerusalem wat Ek uit al die stamme van Israel verkies het, sal Ek vir ewig my Naam vestig.

8. En Ek sal die voet van Israel nie meer laat wyk van die grond wat Ek vir julle vaders bestem het nie, as hulle net sorgvuldig doen alles wat Ek hulle beveel het volgens die hele wet en die insettinge en verordeninge deur die diens van Moses.

9. Maar Manasse het Juda en die inwoners van Jerusalem verlei om meer kwaad te doen as die nasies wat die Here voor die kinders van Israel uit verdelg het.

10. En die Here het met Manasse en met sy volk gespreek, maar hulle het nie geluister nie.

11. Daarom het die Here die leërowerstes van die koning van Assirië oor hulle gebring, en dié het Manasse met hake gevang en hom met koperkettings geboei en hom na Babel vervoer.

12. Maar in sy benoudheid het hy die aangesig van die Here sy God om genade gesmeek en hom diep verootmoedig voor die aangesig van die God van sy vaders

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 33