Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 33:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. MANASSE was twaalf jaar oud toe hy koning geword het, en hy het vyf-en-vyftig jaar in Jerusalem geregeer.

2. En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here volgens die gruwels van die nasies wat die Here voor die kinders van Israel uit verdrywe het.

3. En hy het die hoogtes weer gebou wat sy vader Jehiskía afgebreek het, en altare opgerig vir die Baäls en heilige boomstamme gemaak en hom neergebuig voor die hele leër van die hemel en hulle gedien;

4. ook altare gebou in die huis van die Here waarvan die Here gesê het: In Jerusalem sal my Naam vir ewig wees.

5. En hy het altare gebou vir die hele leër van die hemel in altwee die voorhowe van die huis van die Here.

6. Ook het hy self sy seuns deur die vuur laat deurgaan in die dal van die seun van Hinnom en met goëlery en verklaring van voortekens en towery omgegaan en dodebesweerders en waarsêers aangestel; hy het baie gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here, om Hom te terg.

7. Hy het ook ’n gesnede afgodsbeeld wat hy gemaak het, in die huis van God opgestel waarvan God aan Dawid en sy seun Salomo gesê het: In hierdie huis en in Jerusalem wat Ek uit al die stamme van Israel verkies het, sal Ek vir ewig my Naam vestig.

8. En Ek sal die voet van Israel nie meer laat wyk van die grond wat Ek vir julle vaders bestem het nie, as hulle net sorgvuldig doen alles wat Ek hulle beveel het volgens die hele wet en die insettinge en verordeninge deur die diens van Moses.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 33