Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 23:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. MAAR in die sewende jaar het Jójada moed geskep en saam met hom in ’n verbond geneem die owerstes oor honderd: Asárja, die seun van Jeróham, en Ismael, die seun van Jóhanan, en Asárja, die seun van Obed, en Maäséja, die seun van Adája, en Elisáfat, die seun van Sigri.

2. En hulle het in Juda rondgetrek en die Leviete vergader uit al die stede van Juda, en die familiehoofde van Israel; en hulle het na Jerusalem gekom.

3. En die hele vergadering het in die huis van God met die koning ’n verbond gesluit. Toe sê hy vir hulle: Kyk, die seun van die koning moet koning wees soos die Here oor die seuns van Dawid gespreek het.

4. Dit moet julle doen: ’n derde deel van julle wat op die sabbat inkom — van die priesters en Leviete — moet drumpelwagters wees;

5. en ’n derde deel by die huis van die koning, en ’n derde deel by die Fondamentpoort, en die hele volk in die voorhowe van die huis van die Here.

6. Maar niemand mag in die huis van die Here ingaan nie, behalwe die priesters en diensdoende Leviete; húlle mag ingaan, want hulle is heilig; maar die hele volk moet die verordening van die Here hou.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 23