Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 20:29-37 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

29. En die skrik vir God was op al die koninkryke van die lande toe hulle hoor dat die Here teen die vyande van Israel gestry het.

30. Verder het die koninkryk van Jósafat gerus, en sy God het hom rondom rus verskaf.

31. En Jósafat het oor Juda geregeer; hy was vyf-en-dertig jaar oud toe hy koning geword het, en vyf-en-twintig jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Asúba, die dogter van Silhi.

32. En hy het gewandel in die weg van sy vader Asa en daar nie van afgewyk nie, en het gedoen wat reg was in die oë van die Here.

33. Net die hoogtes is nie afgeskaf nie: die volk het nog nie hulle hart op die God van hulle vaders gerig nie.

34. En die verdere geskiedenis van Jósafat, die vroeëre en die latere, kyk, dit is beskrywe in die Geskiedenis van Jehu, die seun van Hanáni, wat opgeneem is in die Boek van die konings van Israel.

35. Maar daarna het Jósafat, die koning van Juda, ’n bondgenootskap aangegaan met Ahásia, die koning van Israel, wat goddeloos gehandel het.

36. En hy het hom as bondgenoot geneem om skepe te bou om na Tarsis te vaar; en hulle het skepe gebou in Éseon-Geber.

37. Maar Eliëser, die seun van Dódawa, uit Marésa, het teen Jósafat geprofeteer en gesê: Omdat u ’n bondgenootskap met Ahásia aangegaan het, verbreek die Here u werk. En die skepe het skipbreuk gely, sodat hulle nie in staat was om na Tarsis te vaar nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 20