Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 13:10-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. Maar ons — die Here is onse God, en ons het Hom nie verlaat nie; en as priesters dien die seuns van Aäron die Here, en die Leviete is in die dienswerk.

11. En hulle steek brandoffers vir die Here aan die brand, elke môre en elke aand, en reukwerk van speserye, en hulle sorg vir die toonbrode op die rein tafel en vir die goue kandelaar met sy lampe, om dit elke aand op te steek; want ons onderhou die ordening van die Here onse God, maar júlle het Hom verlaat.

12. En kyk, by ons is God aan die hoof en sy priesters met die alarmtrompette om teen julle alarm te blaas. Kinders van Israel, voer tog nie oorlog teen die Here, die God van julle vaders nie, want julle sal nie voorspoedig wees nie.

13. Maar Jeróbeam het die hinderlaag laat omtrek om hulle van agter by te kom, sodat hulle voor Juda was en die hinderlaag agter hulle.

14. En toe Juda omdraai, was die geveg meteens voor en agter hulle; en hulle het die Here aangeroep, terwyl die priesters op die trompette blaas.

15. Daarop hef die manskappe van Juda ’n krygsgeskreeu aan; en toe die manskappe van Juda die krygsgeskreeu aanhef, het God Jeróbeam en die hele Israel voor Abía en Juda verslaan.

16. En die kinders van Israel het gevlug vir Juda, en God het hulle in hul hand gegee.

17. En Abía met sy manskappe het ’n groot slag onder hulle geslaan, sodat van Israel vyfhonderdduisend jong manskappe as gesneuweldes geval het.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 13