Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 11:1-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN toe Rehábeam in Jerusalem kom, het hy die huis van Juda en Benjamin, honderd-en-tagtigduisend krygshaftige jongmanne, byeen laat kom om teen Israel oorlog te voer, om die koningskap vir Rehábeam terug te win.

2. Maar die woord van die Here het tot Semája, die man van God, gekom en gesê:

3. Spreek met Rehábeam, die seun van Salomo, die koning van Juda, en met die hele Israel in Juda en in Benjamin, en sê:

4. So spreek die Here: Julle mag nie optrek en teen julle broers oorlog voer nie; julle moet omdraai, elkeen na sy huis, want van My het hierdie saak gekom. Hulle het toe geluister na die woorde van die Here en omgedraai sonder om teen Jeróbeam op te trek.

5. EN Rehábeam het in Jerusalem gewoon en stede as vestings opgebou in Juda.

6. Hy het naamlik Betlehem opgebou, en Etam en Tekóa;

7. en Bet-Sur en Sogo en Adúllam;

8. en Gat en Marésa en Sif;

9. en Adoráim en Lagis en Aséka;

10. en Sórea en Ájalon en Hebron, versterkte stede in Juda en in Benjamin.

11. En hy het die vestings versterk en daarin bevelhebbers aangestel met voorrade voedsel en olie en wyn,

12. en in elkeen van die stede groot skilde en spiese; en hy het hulle uitermate versterk; en Juda en Benjamin het aan hom behoort.

13. En die priesters en die Leviete wat in die hele Israel was, het uit hulle hele grondgebied by hom gestaan.

14. Want die Leviete het hulle weiveld en hulle besitting verlaat en na Juda en Jerusalem getrek; want Jeróbeam en sy seuns het hulle verwerp, sodat hulle geen priesters van die Here meer kon wees nie.

15. En hy het vir hom priesters aangestel vir die hoogtes en die veldduiwels en die kalwers wat hy gemaak het.

16. En agter hulle aan het uit al die stamme van Israel die wat hulle hart daarop gerig het om die Here, die God van Israel, te soek, na Jerusalem gekom om aan die Here, die God van hulle vaders, te offer;

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 11