Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 1:8-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. En Salomo het tot God gespreek: Ú het aan my vader Dawid ’n groot guns bewys en my in sy plek koning gemaak.

9. Here God, laat u woord aan my vader Dawid nou bewaarheid word; want Ú het my koning gemaak oor ’n volk talryk soos die stof van die aarde.

10. Gee my nou wysheid en kennis, dat ek voor hierdie volk kan uit- en ingaan, want wie kan hierdie groot volk van U regeer?

11. Toe sê God aan Salomo: Omdat dít in jou hart gewees het, en jy nie rykdom, skatte en eer en die lewe van jou haters of selfs ’n lang lewe begeer het nie, maar wysheid en kennis vir jou begeer het om my volk waaroor Ek jou koning gemaak het, te kan regeer —

12. daarom word dié wysheid en dié kennis aan jou gegee. Ek sal jou ook rykdom en skatte en eer gee soos die konings wat voor jou gewees het, nie gehad het nie, en soos ná jou nie sal wees nie.

13. En Salomo het van die hoogte wat by Gíbeon is, van die tent van samekoms af, in Jerusalem aangekom, en hy het oor Israel geregeer.

14. EN Salomo het strydwaens en perderuiters versamel, sodat hy veertienhonderd waens en twaalfduisend perderuiters gehad het; en hy het hulle in die stede vir die waens en by die koning in Jerusalem opgestel.

15. En die koning het die silwer en die goud in Jerusalem gemaak soos die klippe, en die seders het hy gemaak soos die wildevyebome wat in die Laeveld is, in menigte.

16. En die uitvoer van perde vir Salomo het plaasgevind uit Egipte en uit Kwé; handelaars van die koning het hulle uit Kwé gaan haal teen koopprys.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 1