Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 8:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN Elísa het met die vrou gespreek wie se seun hy lewendig gemaak het, en gesê: Maak jou klaar en vertrek, jy met jou huisgesin, en vertoef as vreemdeling waar jy kan vertoef, want die Here het ’n hongersnood geroep — wat ook vir sewe jaar oor die land gekom het.

2. Die vrou maak haar toe klaar om te doen volgens die woord van die man van God: sy het getrek met haar huisgesin en as vreemdeling sewe jaar lank in die land van die Filistyne vertoef.

3. En aan die einde van sewe jaar het die vrou uit die land van die Filistyne teruggekom en uitgegaan om ’n beroep te doen op die koning vanweë haar huis en haar grond.

4. Die koning was juis besig om met Gehási, die dienaar van die man van God, te spreek en te sê: Vertel my tog al die groot dinge wat Elísa gedoen het.

5. En terwyl hy die koning vertel hoe hy die dooie lewendig gemaak het, roep die vrou wie se seun hy lewendig gemaak het, juis die koning aan vanweë haar huis en haar grond. En Gehási sê: My heer die koning, dít is die vrou, en dít is haar seun wat Elísa lewendig gemaak het.

6. En die koning het die vrou ondervra, en sy het hom vertel. Toe gee die koning haar ’n sekere hofdienaar en sê: Laat haar alles terugkry wat aan haar behoort, en ook die hele opbrings van die grond, van die dag af dat sy die land verlaat het, tot nou toe.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 8