Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 22:6-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. aan die skrynwerkers en bouers en messelaars, en om hout en gekapte klippe te koop om die huis te herstel.

7. Maar daar is nie met hulle afgereken oor die geld wat in hulle hand gegee is nie, want hulle het met getrouheid gehandel.

8. Toe sê die hoëpriester Hilkía vir Safan, die skrywer: Ek het die wetboek in die huis van die Here gevind; en Hilkía het die boek aan Safan gegee, en hy het dit gelees.

9. Daarna het Safan, die skrywer, by die koning gekom en die koning antwoord gebring en gesê: U dienaars het die geld uitgeskud wat in die huis te vinde was, en dit oorhandig aan die uitvoerders van die werk wat aangestel is oor die huis van die Here.

10. Daarop gee Safan, die skrywer, die koning te kenne en sê: Die priester Hilkía het my ’n boek gegee. En Safan het dit aan die koning voorgelees.

11. En toe die koning die woorde van die wetboek hoor, het hy sy klere geskeur;

12. en die koning het bevel gegee aan Hilkía, die priester, en Ahíkam, die seun van Safan, en Agbor, die seun van Migája, en Safan, die skrywer, en Asája, die dienaar van die koning, en gesê:

13. Gaan raadpleeg die Here vir my en vir die volk en vir die hele Juda oor die woorde van hierdie boek wat gevind is; want die grimmigheid van die Here is groot wat teen ons ontvlam het, omdat ons vaders nie geluister het na die woorde van hierdie boek om te handel volgens alles wat ons voorgeskrywe is nie.

14. Toe gaan die priester Hilkía en Ahíkam en Agbor en Safan en Asája na die profetes Hulda, die vrou van Sallum, die seun van Tikwa, die seun van Harhas, die klerebewaarder — sy het in Jerusalem in die Nuwe Stad gewoon — en hulle het met haar gespreek.

15. En sy sê aan hulle: So spreek die Here, die God van Israel: Sê aan die man wat julle na my gestuur het —

16. so spreek die Here: Kyk, Ek bring ’n onheil oor hierdie plek en oor sy inwoners, al die woorde van die boek wat die koning van Juda gelees het;

17. omdat hulle My verlaat en vir ander gode offerrook laat opgaan het, om My met al hul handewerk te terg; daarom sal my grimmigheid ontvlam teen hierdie plek en nie uitgeblus word nie.

18. Maar aan die koning van Juda wat julle stuur om die Here te raadpleeg, aan hom moet julle só sê: So spreek die Here, die God van Israel: Wat die woorde betref wat jy gehoor het —

19. omdat jou hart week is en jy jou voor die aangesig van die Here verneder het toe jy hoor wat Ek oor hierdie plek en oor sy inwoners gespreek het, dat hulle ’n voorwerp van verbasing en vervloeking sal word, en omdat jy jou klere geskeur en voor my aangesig geween het, daarom het Ék ook verhoor, spreek die Here.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 22